Alleen op ‘n klip….

‘n Vriendin het eendag vir my gesê dat sy wens sy kan net iewers, ver weg van als op ‘n klip sit in die veld sit en die kans gegun word om net te staar in die verte sonder enige planne of roetine wat opgevolg moet word…

My liefste vriendin, hierdie is vir jou vandag, maar ek sal moet reël dat dit vertaal moet word, want helaas is jy Engels en Afrikaans lees gee jou kopseer!

Ek is seker dat elkeen van ons al sulke oomblik of selfs hordes sulkes beleef het! My kosbare Moeks het vir my gesê dat as ek so vas in my kop en gedagtes voel, dat ek die naaste deur moet kies en op die vlak moet kom!

“Gaan uit in die natuur Magrietjie!”……daar waar dit majestieus ongekompliseerd is en jy niks kan doen om dit te skep of te verander nie, net God.

Jy hoef nie ‘n plan te maak, ‘n kursus te doen of ‘n aansoek in te sit nie om alleen op ‘n klip te gaan sit nie. Dis eintlik baie makliker as wat jy dink! Dis jou Godgegewe reg om vir die wêreld te sê, “Hokaai, God roep my Nóú!”, want glo my, my liewe vriendin, jy dink dalk dis jy wat die idee in jou kop het om ‘n breek te vat, maar helaas die drang kom van God wat dit eintlik in jou aanwakker. Hy wil jou ‘n geskenk gee of Hy wil jou vra om iets vir Hom te doen, maar jy gryp jou kop vas, skree op die kinders, skop die hond en sê: ”Ek het myself verloor!” Jy kan nie jouself verloor nie, God gaan dit nie toelaat nie!

Gaan sit op jou klip, God sal jou daar ontmoet en jou beloon dat jy Sy roepstem geëer het. Hy sal die dinge wat jou van die klip af weghou uitsorteer, Hy is almagtig, dis easy peasy vir Hom en Hy is mal daaroor om jou te bederf.

Psalm 73 v 28 kan jou vir jou vat vandag: “ Maar wat dit my aangaan, dit is vir my goed om naby God te wees. Ek het die Here my God gekies as my toevlug! Ek sal van al U werke bly vertel!” Hallelujah AMEN!

Raai wat maat, ons genadige God is die een wat jou beloon vir jou getrouheid en gehoorsaamheid. Hy alléén sal in plek sit wat nodig is vir jou spesifiek.

Maar helaas, Hy is ook ‘n jaloerse God en sal jou aanhou laat hunker na daardie klip tot jy die moeite doen om bo-op die klip te klim en met jouself totaal aan Hom oor te gee.

Shalom

Maggs

@ Kopiereg Magda Maas 2019. Jy mag share maar ai as jy copy en paste gaan die duiwel jou kom haal.

12 gedagtes oor “Alleen op ‘n klip….”

  1. Dit is die beste plek op aarde!!! Los my in die veld en ek loop tot ek die plek kry waar ek die beste view het en alleen met my Skepper kan wees. Foon af en tyd bestaan nie dan nie. Voor ek weet het ‘n paar uur verloop.
    Dankie vir die. Ek verlang al klaar weer.

    Like

    1. Absolutely maar moenie vergeet om PRESIES te vra wat jy in jou hart het nie. You have not because ypu ask not is my ondervinding.

      Like

Lewer kommentaar

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.