Magrietjie Kind

My naam is Magda Maas, Dogter van God, vrede vorstin, getroud met my sielsmaat (ek noem hom my ou Leeu) ma en ouma.

Ek is die skrywer van die Bietjie Magrietjie reeks en blog. Ek wil jou graag inspireer om gat te skop en te glo wat die Here vir jou op die laagste rakke pak sodat jy dit net op jou kniekoppe kan bykom.

Ek is ‘n Christelike Indie Skrywer wat op my 50ste verjaarsdag my hakskoentjies uitgetrek het en die Drakensberg Berge ingevaar het om te skryf nadat ek jare lank vroue in Pretoria met praatjies en gebed gehelp het.

Ek is ‘n beroerte survivor met ‘n storie om te vertel van my wedergeboorte tydens hierdie gebeurtenis en hoe ek my lewe hierna begin joernaal het. Ek skryf oor dinge wat my hart aanraak en wat ek ervaar deur die lewe om my en natuurlik hoe ongelukkig mense in hulle eie velle en gedagtes is.

Ek het ‘n diep vertroue in my Hemelse Vader en spandeer baie ure in stille gebed. Ek neem my rol en posbeskrywing as vreeslose Spreuke 31 vrou baie ernstig op.

Dit is my missie om te dien in Afrikaans met ‘n bietjie humor en padlangse gesprekke soos in my maandelikse subskripsie vonkpos skrywes. My skrywery gaan oor lag met ‘n traan, vloek sonder om vieslik te wees en bid tot jou kniekoppe blou word en dan op te staan en jou plek in te neem as goddelike vrou.