Gedigte

Ek skryf graag gedigte. Dit is die beste manier om my kreune vas te vang sodat ander mense dit kan verstaan.

Hunkering in my hart gedig deur Magda Maas

Hunkering in my hart

Waarom tog die hunkering in my hart

Aangevuur deur blinde smart

Vrome drome op die rotse

Vlugtig, meteens, weg met die trotse

Gister was ek nog vol mense-krag

Bruisend, opgewonde vir die nuwe dag

Skielik, plotseling struikel ek

Plat op die aarde, bloed-bek

Gaan ek ooit die sterre raak

As ek konstant oor geliefdes moet waak

Groen koringlande, lê aan vlarde

Verdor, verdroog, benarde

Waarom dan die paadjie stap?

As die vyand konstant na my hakke hap?

Gee my krag om nie te ontspoor

Here, gee my tog wat ek moet hoor.

(c) Magda Maas